Boodskap vir Vandag

Search

Wees ’n herder in die groot Herder se diens

Lees 1 Kronieke 11:1-47.

“Jy moet vir my volk Israel ’n herder wees” (v  2).

Dawid was ’n man na God se hart. Met al sy gebreke, sondes en foute het hy keer op keer die regte koers na God se hart gevind. Van die begin af het Dawid in die teenwoordigheid van die Here geleef en opgetree. Sy koningskap het gestaan in die teken van die seën van die Here. Van skaapwagter is hy bevorder tot God se herderkoning.

Dag vir dag het Dawid sy klein voetspore getrou in God s’n geplaas. Deur dik en dun het hy vasgebyt. Seer en swaar het hom nie van koers af gedwing nie. Die donker het hom ook nie bang gemaak nie. Sy eie sondes en swakhede het hom nooit ondergekry nie. Keer op keer het hy teruggehardloop na God se arms toe.

Die beste plek op aarde is digby God. Dit is nie altyd die maklikste en gerieflikste plek om te wees nie. Allermins. Dis soms riskant, gevaarlik en uitputtend, want dit vra dat jy jouself tweede stel; dat jy jou gemak opoffer, en dat jy agter in die ry inval. Dawid was bereid om hierdie offer te bring. Dit is sy geestelike geheim!

Daar is geen kortpaadjies na God se hart toe nie. Dit vra dat jy elke dag jou eie lewe met God se hemelse ritme moet sinkroniseer! Dit vra dat jy ook ’n herder word wat mense vertel van God se groen weivelde. Dit vra dat jy ’n padwyser word wat mense op die regte roete laat loop.

Hoor my as ek vra om ’n herder vir U te wees, Here Jesus!

Stephan Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.