Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Wees ’n voorbeeld

Lees Titus 2:7.

In alles moet jy vir hulle ’n voorbeeld stel (v  7).

“Moenie doen wat ek doen nie, doen wat ek sê!” Dalk het jy ook al hierdie verdraaide stukkie onwysheid gehoor. Wel, miskien is dit veel nader aan die waarheid as wat ons dink. Miskien is dit waar van baie van ons dat ons graag oor die waarheid praat, selfs ernstig en driftig ook, maar dat ons dit nie so maklik gedoen kry nie. Ons wys maklik vinger in die rigting van oortreders, maar ons oortree self ook baie maklik.

Paulus roep vir Titus op om nie net te praat nie, maar om te doen. Titus se optrede moet ’n lewende inspirasie wees vir alle mense in die kerk, jonk en oud, vroulik en manlik, om op God se pad te stap. Paulus sê dat Titus daarom net die regte dinge moet doen. Ander moet dit raaksien. Voorts moet hy die Bybel suiwer leer en preek en altyd waardig en deursigtig optree. Met ander woorde, sy gedrag moet onberispelik wees. Niemand moet ’n vinger kan wys in sy rigting nie. Verder moet sy prediking ook op die regte waarheid, die Woord, gebou wees.

Dit is belangrik dat ons lewe moet getuig van ons verhouding met God. Dit is nodig dat ons die Here se stem sal wees deur ons hande en voete, deur alles wat ons doen. Dan praat ons reg!

Here, ek stel my leefwyse in u hand.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.