Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Liefde is dade!

Lees 3 Johannes vers 1.

Aan Gaius, my vriend, wat ek waarlik liefhet (v 1).

Gaius is die ontvanger van die derde brief van die apostel Johannes. Tussen Johannes en Gaius, wat een van die leiers van ’n gemeente in Klein-Asië was, was daar ’n baie innige verhouding. Johannes het hom liefgehad soos ’n eie broer.

In hierdie derde brief val die klem op gasvryheid teenoor die rondreisende predikers en evangeliste in die vroeë kerk. Prakties het dit beteken dat Christene hulle huise tot beskikking gestel het aan ander Christene wat in hulle stad kom preek het. Vroeër, in 2 Johannes, is gasvryheid teenoor vals leraars veroordeel. Hier in die derde brief word gasvryheid teenoor diegene wat die evangelie versprei egter aangemoedig. Dis die regte ding om te doen. As jou liefde vir ander Christene nie tot sulke dade oorgaan nie, is dit ’n klug.

Die goeie werk van Gaius en Demetrius word hier in dié brief gekontrasteer met dié van Diotrefes, wat meen hy is die hoof van die gemeente. Diotrefes veroorsaak groot moeilikheid deur nie Johannes en sy medewerkers se gesag en hulle voorskrifte te aanvaar nie. Hy ontvang ook nie die besoekende leraars in sy gemeente nie en belet gemeentelede om predikers met die nodige gasvryheid in hulle huise toe te laat. Daarom dat Johannes skryf om Gaius en ander Christene tot liefde aan te spoor.

Liefde moet altyd dade word, dade wat ander dien.

Here, maak my hart sag vir ander.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.