Boodskap vir Vandag

Search

Moenie tekens soek nie, glo net!

Lees Markus 8:11-13.

“Aan hierdie geslag sal beslis nie ’n teken gegee word nie” (v 12).

Party mense dink die Here is in hulle diens. Wanneer hulle bid, moet Hy regstaan met wonders en tekens. As Hy dit nie doen nie, is hulle op die plek kwaad vir Hom. Die Fariseërs het ook so gedink. Hulle het gehoor dat Jesus groot tekens kan doen. Toe wou hulle hê Hy moet vir hulle die een of ander hemelse teken gee om te bewys dat Hy regtig die Messias is. Maar Jesus het geweier. Dit is nie sy werk om mense te vermaak of hulle nuuskierigheid te bevredig nie. Hy hoef hulle nie met bonatuurlike dade te oortuig dat Hy is wie Hy sê Hy is nie. Hulle moet Jesus op sy woord neem, of wegbly!

Christenskap gaan in die eerste plek oor geloof. Ons word opgeroep om Jesus te volg, al sien ons nie wonderwerke om elke hoek en draai nie. Natuurlik kan Jesus wonders doen, en Hy doen dit ook, maar nooit om mense te vermaak nie. Jesus weet dat ’n sondige geslag na tekens en wonders soek. Ware gelowiges is bereid om Hom te volg omdat Hy die ewige lewe aan hulle gee. Sorg daarom dat jy dit doen. Glo met jou hele hart in Hom. Stap onvoorwaardelik agter Hom aan. Dis meer as genoeg!

Here, laat my vandag gelowig agter U aanloop. Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.