Boodskap vir Vandag

Search

Eer vir die Koning

Lees Markus 11:1-11.

“Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” (v  9).

Het jy al opgewonde oor die Here gejuig? Het jou geloof jou regtig ’n slag laat jubel? Of sing jy tans net treurliedjies oor al jou mislukkings? Wel, dan is dit tyd dat jy inval by die skare wat Jesus in Jerusalem ingewag het met lofsange op hulle lippe. Hulle het geweet dat die Profeet van die Allerhoogste in hulle midde was; daarom kon hulle nie hulle opgewondenheid bedwing nie. Hulle het Jesus soos ’n Koning ontvang!

Wanneer jy besef wie Jesus regtig is, laat dit jou sing. Altyd! Dit laat jou in lof uitbreek as jy besef jy is in die teenwoordigheid van die Koning van die heelal. Dan rol jy graag rooi tapyte voor Hom uit en wuif Hom vrolik met palmtakke toe.

Feesvierende mense wat weet wie die Here regtig is, sing en lag graag in die Here se lig! Dalk moet ek en jy dit meer dikwels doen. Dalk moet ons hande en gesigte al hoe meer wys dat ons die Here ken en dat ons Hom met alles in ons liefhet. Dink net ’n slag aan wat Jesus alles gedoen het om ons met God te versoen, dan is dit baie maklik om te jubel en te juig. Dan ontvang ons Hom elke dag as Koning in ons midde.

Here, vandag verwelkom ek U feestelik as Koning.

Stephan Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.