Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Tot aan die einde toe getrou

Lees Lukas 23:1-12.

“Herodes en sy soldate het Hom toe met veragting behandel” (v 11).

Jesus se Via Dolorosa was verskriklik. Dit was vernedering op vernedering! Skaars het hy voor Pilatus, die Romeinse goewerneur, verskyn, of hy moes Herodes Antipas, die prins van Galilea, aandurf. Hierdie seun van die berugte Herodes die Grote was die einste man wat Johannes die Doper laat onthoof het. Nou was dit sy kans om Jesus van aangesig tot aangesig te sien. Herodes was dadelik gereed met die uitdaging aan Jesus om wonderwerke te doen en op sy vrae te antwoord. Maar Jesus was doodstil. Die tyd van wonders en woorde was verby. Nou het die kruis voorgelê. Herodes en sy soldate het nie op hulle laat wag nie en Jesus bespot en beledig. ’n Koningskleed is spottend oor Jesus gegooi om Hom te verneder. Daarna, toe hulle belangstelling verloor het, het hulle Hom teruggestuur na Pilatus toe.

Snaaks wat mag aan mense kan doen. Party dink hulle kan ander verneder en behandel soos hulle wil. Daarom dat Jesus so deurgeloop het onder die wreedheid van ’n klomp magsbehepte leiers. Maar dit was die pad wat Hy moes stap – vir my en vir jou. Sy bloed was die enigste betaalmiddel om die pad tussen God en ons te herstel. Daarom het Jesus geen ander keuse gehad nie. Dit was alles om ons ontwil!

Christus, ek kniel in aanbidding voor U neer.

 Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.