Boodskap vir Vandag

Search

Jy kan nie anders as om te praat nie!

Lees Johannes 1:36.

“Dáár is die Lam van God!” (v 36).

Johannes die Doper se enigste passie was om God te dien. Daarom het hy Jesus dadelik herken as God se Seun en kon hy eenvoudig nie stilbly oor Jesus nie, al het dit beteken dat sommige van sy dissipels hom verlaat het om agter Jesus aan te stap.

Die woorde op Johannes se lippe toe hy Jesus sien: “Dáár is die Lam van God!” is lewende woorde wat in ’n neutedop alles sê oor die doel van Jesus se koms aarde toe om sy eie lewe weg te gee. Jesus is nie maar net ’n gewone lam nie. Hy is die hemelse Offerlam wie se bloed betaal vir ’n wêreld se sonde. Sy bloed is die skoonmaakmiddel wat ons sonde afwas. Wanneer ons voor Jesus buig as die Heer van ons lewe, word sy offerbloed die hemelse uitveër wat ook óns sonderekening by God vir altyd silwerskoon was.

Kom ons sluit aan by Johannes en roep uit: “Dáár is die Lam van God!” Die wêreld het vandag sulke goeie nuus nodig! Ons donker wêreld smag dringend na lig, hemelse Lig. En na ’n Offerlam wat kant en klaar betaal het vir die gemors wat ons aanvang! Praat daarom op elke plek waar jy kom oor die Lam, die Een wat die pad tussen hemel en aarde permanent kom herstel het.

Christus, raak my mond aan, asseblief!

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.