Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Gryp die regte oomblik aan

Lees Johannes 7:1-9.

Selfs sy broers het nie in Hom geglo nie (v  5).

Die lewe gaan by ’n mens verby terwyl jy ander dinge beplan! Of hoe? Kom ons wees eerlik: Die lewe verloop nie aldag soos ’n mens dit beplan het nie. Dit laat jou dalk voel asof jy ’n mislukking is, maar dit is nie waar nie. Die kuns van die lewe is om te slaag in die klein dingetjies, om doodgewone oomblikke in Goddelike momente te omskep. Jy het nog tyd oor om hierdie kuns te bemeester. Jy is nie te oud, te arm of te onbelangrik om die alledaagse lewe in Goddelike glans te tooi nie. God gaan jou nie op die laaste dag gelukwens met jou groot bankrekening of met al die saketransaksies wat jy gesluit het nie. Vir Hom gaan dit daaroor of jy elke dag geleef het tot sy eer.

Moenie wag dat ander mense jou lewe lekkerder maak of totdat ’n hemelse trompet langs jou begin blaas nie. Wees elke dag op die uitkyk vir daardie spesiale momente om ’n verskil in iemand anders se lewe te maak. Skep sulke oomblikke! Moenie blind wees vir die Goddelike momente soos Jesus se broers nie. Jesus was by hulle en hulle het Hom nie herken nie. Gryp elke Goddelike kans in jou lewe aan. Vra die Here om jou oë oop te maak!

Here Jesus, leer my om ’n kenner van Goddelike oomblikke te wees.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.