Boodskap vir Vandag

Search

Luister tog as ek bid

Lees Psalm 55.

Hoor my gebed, o God (v  2).

Het jy dalk al aan die slaap geraak terwyl jy besig was om te bid? Is dit soms ook vir jou moeilik om te konsentreer as jy bid? Waarskynlik is jou antwoord ja op albei vrae, want vir die meeste mense is dit moeilik om te bid. Daarom dat ons dikwels terugval op daardie geykte “standaardgebede”. Dink maar aan die immergroen tafelgebed: “Dankie vir die hande wat die kos voorberei het.” Terloops, ek wonder steeds hoekom ons altyd net vir “die hande” bid en nie vir die res van die mens agter daardie geseënde hande nie!

Ons weet dat gebed die basiese bousteen van ons geloof vorm. Miskien sukkel ons so om te bid omdat ons dink dat ons gebede altyd hoogdrawend moet klink. Dalk dink ons ook dat dit lang gesprekke met God moet wees. Die prentjie wat in baie mense se geheue vassteek, is dat opregte mense lank bid. Die ware feit is dat lang gebede nooit volgens die Bybel ’n maatstaf vir opregtheid is nie. Die hart van gebed bestaan daarin dat jy eerder deur die loop van elke dag ’n paar kort, gesprekmatige gebede moet bid as een lang, lewelose gebed.

Jesus het ons geleer dat God regtig nie beïndruk word deur ’n stortvloed van woorde nie. Woordeboektaal sonder opregtheid beteken net mooi niks. God hou ook nooit ’n stophorlosie dop as mense begin bid nie. Bid opreg, eerlik en gelowig!

Here, leer my om te bid volgens u wil.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.