Boodskap vir Vandag

Search

Kom rus ’n bietjie

Lees Psalm 60.

Laat dit tog weer met ons goed gaan (v 3).

Wanneer Dawid hier in Psalm 60 ’n lied skryf oor sy geveg teen die Arameërs, is daar nie veel vreugde in sy woorde nie. Eintlik is daar kommer by hom dat God sy volk verstoot het. Daarom het hulle nou die Here se spesiale reddingsmag dringend nodig.

Terloops, dalk is jy ook bekommerd oor jou eie verhouding met die Here. Hoeveel foute het jy al in jou lewe gemaak? Hoeveel kruisies was daar al langs jou naam? Begaan jy ook misstappe by die werk? Of dalk in jou huwelik? Wat van op jou pad met God? As jy eerlik is, sal jy moet erken dat jy op alle vlakke van die lewe toetse druip; sommer gereeld ook. Moet tog nie dink jy is te vars om te flop nie. Dit was die groot fout wat die Israeliete gereeld gemaak het. Dawid wil juis hierdie fout systap deur ernstig voor die Here te kom staan met ’n hart vol opregtheid. Sonder God se spesiale hulp is hy en sy mense gedoem tot mislukking. Geen geveg se uitslag is dan gewaarborg nie. Geen oorwinning is vanaf hierdie laagtepunt ooit seker nie.

Vergeet daarvan om God te probeer beïndruk. Jy het in elk geval niks wat Hy nodig het nie. Jy is te arm om iets vir Hom aan te bied. Die goeie nuus is dat God onvoorwaardelik wil hê dat jy veilig aan sy voete sal rus. Daarom moet jy Hom toelaat om op sy eie terme na jou toe te kom. Geloof is om Hom op sy woord te neem en in Jesus se Naam aan sy voete tot rus te kom omdat Hy jou aanvaar soos jy is.

Here, hou my rustig daar aan u voete.

Stephan Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.