Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Lewenslange lof op my lippe

Lees Psalm 146.

Ek wil die Here prys so lank ek lewe (v 2).

Aanbidding is die bewuswording van wie God is. Lof is die dankbaarheid wat jy voor Hom uitspreek oor sy goedheid, heiligheid, nabyheid, ingrepe in jou lewe, ensovoorts. Lof en aanbidding geskied lewenslank en aanhoudend. So sê Psalm 146.

Onthou die volgende as jy naderkom om God in gebed aan te roep: Die hart van gebed is die grootmaak van God se heilige Naam. Gebed verplaas jou elke keer na die troonsaal van die Almagtige. Sien daarom in jou geloofsoog hoe jy in die teenwoordigheid van God in sy hemelse woning inbeweeg wanneer jy sy heilige Naam aanroep. Weet dat wanneer jy bid, jy aan die deur klop van die allerheiligste God se hemelse woning. Kom staan daar met groot eerbied en respek vir God en met die verwagting om Hom te ontmoet.

Wees stil: Leer om telkens rustig aan die Here se voete te kom sit totdat jou lewe oop is voor Hom. Laat toe dat alle ander geraas uit jou lewe verwyder is. Wag rustig op die Here. Stilte in sy teenwoordigheid is ’n belangrike aspek van gebed.

Inoefening: Lees weer Psalm 121-150 rustig deur gedurende die volgende paar weke. Bid dit dan telkens in jou eie woorde agterna. Verander hierdie psalms met ander woorde in eerste­persoon-stellings wat jy in jou eie lofgebede beaam. Gebruik hierdie psalms as gebedsbeplanners, as roete-aanwysers na God se hart toe.

Here, ek loof en prys U elke dag.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.