Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Kom meld aan vir diens

Lees Efesiërs 6:10.

Soek julle krag in die Here en in sy groot mag (v  10).

Wapens is die hart van enige weermag. Sonder wapens is goeie soldate magteloos, en enige weermag sonder fut. Maar met groot wapens het hulle sommer baie slaankrag. Daarmee kan hulle hulle vyande behoorlik pak. Natuurlik moet soldate ook goeie uitrusting hê. Dit help nie hulle word net uitgereik met uitstekende wapens, maar nie ook met goeie gevegsdrag of skoene nie. Dan kan hulle net sowel ophou nog voordat hulle begin veg.

Ons as gelowiges is natuurlik ook in ’n geweldige geveg betrokke. Ons vyand is die duiwel, die aanvoerder van hordes bose magte rondom ons. Hy is regtig ’n formidabele opponent, want hy en sy demoniese magte het bonatuurlike vermoëns. Daarom kan ons net staande bly teen hom en sy trawante as ons die wapenrusting aantrek wat ons hemelse Aanvoerder tot ons beskikking stel.

Gelukkig het ons as Christene die beste Aanvoerder in die heelal. Sy Naam is Jesus Christus. Hy is hoof oor alle magte en kragte. Ja, Jesus het Satan en sy demone eiehandig oorwin hier op aarde. Hy het ook die Satan se laaste troefkaart, die dood, gewen. Daarom is jy op die beste plek denkbaar as jy by Jesus kom skuil. Meld by Hom aan vir diens. Dan kan jy maar weet: Jy is by die Een wat die heel sterkste is! Kom staan nader sodat Hy jou met sy wapens kan toerus. Dan sal jy enduit op jou pos bly.

Here Jesus, ek meld vandag by U aan vir diens.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.