Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Volg net Een se stem

Lees Josua 8:1-13.

“Die Here julle God gee dit aan julle oor” (v 7).

Rondte twee het vir die stad Ai aangebreek nadat Josua en die volk hulleself voor God gesuiwer het van die verkeerde dinge in hulle lewe. Hierdie keer was die oorwinning seker, want God het hulle vyand voor die tyd in hulle hand oorgelewer. Leer asseblief by die mense van Israel. Leer om God se aangesig in gebed te soek voordat jy die dag begin. Soek sy wil in elke situasie en in elke besluit wat jy moet neem. Vra jou gedurig af hoe jy sy Naam kan verheerlik deur jou doen en late. Wees daagliks gehoorsaam aan sy leiding. Moenie links of regs van sy koers afwyk nie.

Leer ook om reg te bid. Hoe? Lees gerus weer Jakobus 4 wat vertel dat selfsugtige gebedsversoeke, wat net oor ons eie behoeftes gaan, altyd die verkeerde vrae aan God is.

Bid primêr vir dinge wat God se koninkryk sal uitbrei en mense se lewe tot sy eer sal verander. Bid ook dat jou lewe elke dag in pas sal bly met God se voetval. Vra dit altyd in die Naam van Christus.

Onthou dat God gereed staan om die genadesluise van die hemel oop te maak bokant almal wat op sy grondgebied verskyn om sy Naam te eer en wat genadebrood kom bedel. Hy sê graag ja vir elkeen wat volgens sy wil bid. Vra Hom vandag die regte vrae en kyk wat gebeur! Dan sal ook jy ervaar dat die Here regtig die regte antwoord op jou diepste vrae en worstelinge is, nie die probleem nie!

Here, leer my.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.