Boodskap vir Vandag

Search

Geloof in ’n neutedop

Lees 1 Tessalonisense 1:9-10.

… en dat julle sy Seun wat Hy uit die dood opgewek het uit die hemel verwag (v  10).

’n Geloofsbelydenis is ’n kernagtige samevatting van wat ’n mens glo. Dit sê in ’n neutedop wat jy bely oor jou geloof. Die heel vroegste weergawe van ’n geloofsbelydenis in die Nuwe Testament vind ons hier in vers 9-10. Hier is die basiese boustene van wat die vroegste Christene op die sendingveld gehoor het en wat hulle oor God geglo het. Kyk net:

1. Geloof is ’n bekering weg van die afgode af na die lewende God toe.

2. Geloof se inhoud is die wete dat God vir Jesus uit die dood opgewek het.

3. Geloof is om vas en seker te weet Jesus kom weer.

4. Geloof is om te weet Jesus red ons van die oordeel van God wat by die wederkoms op alle mense wag.

Hier het jy die hart van die Christelike geloof in ’n neutedop. Hierdie geloofsbelydenis se inhoud het die apostel oor en oor aan sy gemeente geleer in die drie weke wat hy daar in Tessalonika gewerk het. Tweeduisend jaar later is dit steeds waar. Vandag nog kan ons niks wegvat van hierdie eenvoudige belydenis wat Paulus in Tessalonika oor ons geloof se basiese inhoud maak nie. Dit is steeds die enigste evangelie. Dit is jou enigste hoop in hierdie lewe en in die lewe wat kom.

Ek bely my geloof in U as drie-enige God.

Stephan Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.