Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Sing oor die liefde

Lees Hooglied 1:1-4.

“Vat my saam met jou, kom ons hardloop!” (v 4).

Hooglied, die lied van alle liedere – só staan hierdie boek bekend in Hebreeus. Dit is nie ’n allegorie oor die Here se liefde vir sy kerk soos die ou Jode en vroeë Christene geglo het nie. Dit is ’n boek oor die liefde – daardie soort liefde tussen man en vrou wat jou hart warm laat klop.

Te veel kere in die kerk swyg ons oor die liefde tussen man en vrou. Te veel kere is ons doodstil hieroor. Ja, die kerk het baie te sê oor al die verkeerde uitdrukkings van die liefde. Ons praat en preek teen buite-egtelike verhoudings en pornografie. Ons waarsku graag teen al die verkeerde seksuele misbruike. Maar veels te min kere sing ons oor die liefde soos die skrywer van Hooglied daaroor sing. Trouens, ons lees, preek en praat nie eintlik in die kerk oor Hooglied nie.

Maar nou is dit tyd om te sing oor die feit dat die Here ons hart en ons emosies laat bruis vir daardie beminde wat die Here oor ons pad gestuur het. Dis tyd om weer opgewonde te lag en te jubel oor die man of vrou wat spesiaal in die hemel uitgesoek is om ons lewenspad in ’n stukkie paradys te verander. Saam met die Prediker kan ons jubel oor die liefkosings wat die liefde laat groei en die opwinding wat maak dat ons soms van die wêreld af wil weghardloop om net bymekaar te wees.

Grote God, dankie vir die liefde tussen man en vrou. Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.