Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Nogeens: sing reg

Lees Amos 6:5.

Julle maak liedjies vir die harp, julle dink hulle vir musiekinstrumente uit (v 5).

Ons staan weer stil by die regte manier van sing tot die Here. Christelike musiek moet iewers gekeur word. Gemeentes moet prosesse in plek hê waardeur daar gekyk word na die Skrifgetrouheid van die woorde en die singbaarheid van ons liedere. Sommige Christelike musiek is nie bedoel om deur kore gesing te word nie, maar deur individue.

’n Verskeidenheid instrumente kan gebruik word vir die uitvoering van kerkmusiek. Die vraag of die orrel vervang moet word met kitare en tromme is die verkeerde vraag. Dit is nie die soort musiekinstrument wat belangrik is nie, maar watter musiekinstrumente die beste geskik is om bepaalde liedere tot eer van God te begelei, en watter nie. Soms is die orrel by uitstek geskik, maar in ander gevalle nie.

Die pad vorentoe? Ons moet steeds na nuwe liedere soek om die kosbare geestelike liedere in ons kerklike liedboeke aan te vul. Die hoofsaak is egter dat dit alles tot eer van die Here moet geskied. Op die ou end gaan dit nie oor wat óns wil hê en wat nie, maar oor God. Ons moet sing om sy Naam te verheerlik. Anders moet ons stilbly. Die mooiste geestelike musiek help net mooi niks as ons nie met ons hart sing nie.

Here, voor U is ek stil totdat ek tot u eer sing.

Stephan Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.