Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Lewe tot eer van die Here

Lees Kolossense 1:9-10.

Ons bid dat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang (v 10).

Mense wat geleer het om hulle lewe met God se grootheid te vul, is mense wat die sin van die lewe ontdek het. Hulle weet hoe dit voel om aan die voete van die Almagtige te sit. Hulle is mense wat die vrede van God beleef en ken.

Om tot God se eer te lewe, moet jy so bewus word van sy heiligheid dat jy letterlik in die stof voor Hom wil neerval. Jy moet soos ’n Petrus van ouds heeltyd wil uitroep: “Gaan weg van my, Here, want ek is ’n sondige mens.” Die besef van God se grootheid moet jou lewe van hoek tot kant vul – ja, in so ’n mate dat alle ander dinge sonder betekenis word.

Voordat jy nie daardie punt in jou lewe bereik het dat jy met alles in jou daarna smag om God groot te maak nie, het jy nog nie jou volle geestelike potensiaal bereik nie. En so ’n soort lewe vra opoffering en tyd. Jy sal eenvoudig moet ingryp in jou daaglikse program. Jy moet tyd maak om voor God stil te word. So nie, gaan jy nie daarin slaag om God se Naam groot te maak nie. Dan gaan jy nie regtig doen wat Hy van jou vra nie. Volgens Paulus is dit die essensie van ’n lewe wat God verheerlik: om altyd daarop ingestel te wees om net te doen wat Hy wil hê!

Kies vandag opnuut om God se eer voorop te stel. Kies om Hom te verheerlik. Dan het jy die beste keuse van die dag gemaak!

Here, u eer is al wat tel!

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.