Boodskap vir Vandag

Search

Luister en doen!

Lees Markus 4:21-25.

“As iemand ore het en kan hoor, moet hy luister!” (v 23).

Vandag se mense is wêreldburgers wat deur die internet, selfone en internasionale werkgeleenthede die aarde vol leef. Hulle is denkers wat nie alles vir soetkoek opeet nie.

Die goeie nuus is dat hierdie mense ’n groot behoefte het aan egte godsdiens wat ’n daadwerklike verskil aan hulle lewe sal maak. Watter wonderlike geleentheid vir die kerk om die wonderlike evangelie van Jesus Christus te verkondig!

Maar juis omdat hierdie geslag nie sommer alles wat vir hulle opgedis word klakkeloos aanvaar nie, durf godsdiens nie vandag op uitgediende maniere oor en oor gesirkuleer word nie. Die tyd van ’n starre, kant en klaar bedinkte godsdiens is verby.

’n Geloof wat egter op opwindende maniere vertel van Christus wat gekom het om mense vry te maak en nuwe lewe te gee, sal die nuwe geslag se verbeelding aangryp. Die verskil wat hierdie boodskap maak, moet egter sigbaar wees op voetsoolvlak. Dit moet gesien en gevoel word in ons elkeen se lewe. Ons moet bruis met egte, lewensveranderende energie vir God en vir ander.

Jesus, dankie dat U my lei om te doen wat U vra.

Stephan Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.