Boodskap vir Vandag

Search

Draai na Jesus toe

Lees Handelinge 3:17-19.

“Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis” (v 19).

Bekering is die hart van kerkwees. Dit is die enigste manier waarop jy wettig toegang tot die kerk van die Here kan kry. Al is jou naam op die kerkregister, al is jy elke Sondag in die kerk, al gee jy ’n maandelikse bydrae en al probeer jy reg leef, maak dit nog nie van jou ’n Christen nie. Die enigste pad na God is deur bekering. Dit beteken dat jy afdraai van jou pad van sonde en Christus toelaat om jou te red. As jy voor Hom staan, bely jy jou onvermoë om jouself te verlos. Jy verklaar jouself bankrot en werp al jou hoop op Hom om jou te red. Dan verbind jy jou ook van daardie oomblik af om net op sy pad te stap en slegs na die Heilige Gees se instruksies te luister.

Sonder bekering is daar geen lewe nie. Daarsonder is mense lewende dooies – suurstofdiewe! Deel jy in die nuwe tyd van verkwikking wat nou van die Here af kom? Nie? Wel, dan moet jy tot bekering kom. Die Here is hier en Hy roep jou nader.

Plaas jou lewe in sy hand en vertrou Hom om jou met sy reddende bloed nuut te maak.

Here, red my!

Stephan Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.