Boodskap vir Vandag

Search

Dit maak nie saak nie

Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie (Psalm 103:8-9).

Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry (Lukas 15:20).

Onlangs loop ek ná jare weer ʼn ou vriend raak. Ons woon naby aan mekaar, maar het om geen kwaadwillige rede nie van mekaar vervreem geraak.

Toe ons groet, lyk hy skielik verleë en skuldig. Hy bely dit dan ook teenoor my: dat my blote teenwoordigheid hom sleg en skuldig laat voel. “Want,” so vervolg hy, “ons kuiers saam was tog áltyd spesiaal. Nou besef hoe ek ons vriendskap verwaarloos het.”

Ek troos hom dat dit die onvermydelike loop van die lewe is. Ook dat ons tog van genade leef. Genade wat sê: “Dit maak nie saak nie. Nie by my nie, nog minder by God.”

Dit maak nie saak nie! Ek het ʼn idee dat dit presies is wat die verlore seun ervaar het die dag toe hy vol skaamte en skuld na sy vader se huis teruggekeer het. En dié versekering, al was dit net ʼn fluistering, was genoeg om sy lewe te verander.

Net soos dit vandag nog my en jou gejaagde en skuldbelaaide lewe tot rus kan bring en kan verander. Ons ook kan laat besef: miskien maak dit tog wél saak.

Here, vergewe ons dat ons dikwels onseker is van u liefde en genade vir ons. Help ons om vandag weer u liefdeswoord te hoor en dit ook te glo: “Dit maak nie saak nie!” Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed