Boodskap vir Vandag

Search

Hy dans weer na die lig

Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses (Psalm 34:19).

Ek het ‘n naby-familielid wat aan depressie ly.

Dit kom jare lank reeds aan, maar daar was ‘n periode van vyf jaar wat dit intenser en slegter geraak het – ‘n tyd toe die donkerte oorgevat en hy letterlik van die toneel verdwyn het.

Alles het gaan stilstaan. Sy lewe het oornag alle sin en betekenis verloor. Daar was geen energie of lus om soggens op te staan of enigiets te doen nie. Vrees vir mense, selfs vir hulle wat gereed was om te help, het hom afgesny van alles en almal. Hy was in die woorde van ‘n skrywer “soos ‘n eekhoring wat in die oë van ‘n adder gestaar het” – alleen, verstar, passief, hulpeloos en reg vir die laaste oomblik.

“In dié vyf jaar,” so getuig hy, “het ek ook my geloof verloor – niks gebid, Bybel gelees of kerk toe gegaan nie. God het uit my lewe verdwyn. En ek het soos ‘n bedrieër gevoel.”

Maar toe kom daar ‘n onverwagse draaipunt. ‘n Vorige gekke diagnose word hersien, ‘n nuwe terapeut neem oor, luister beter, kyk dieper en begin haar vinger geleidelik op die wondplek lê. Daarná pas sy die medikasie aan. En stadigaan begin die lewe terugkeer, soos by ‘n dooie wat ontwaak.

Die familielid begin weer praat, lees, skryf, bid en kerk toe gaan. Die ou humor en die grappies waaraan mense hom geken en waarvoor hulle hom waardeer het, begin weer opklink. Die verwilderde kyk in sy oë is weg. Hy voel om weer soos van ouds na die lig te dans.

Vra jy hom na die geheim van sy herstel, noem hy ‘n paar dinge: Sy terapeut, die nuwe medikasie, sy vriende wat nooit weggegaan het nie. En dan natuurlik sy goeie vrou. Toe hy eendag kla dat hy verdrink en ondergaan, was haar reaksie, soos altyd: “Dan swem ons.”

“Vandag,” so getuig hy, “praat ek versigtiger oor geloof. Ek bied dit nie meer aan as ‘n vinnige oplossing vir probleme nie. Maar één ding weet ek nou: “Ek was totaal hulpeloos en verlore. Ek het God nie eers in dié tyd gesoek nie – God het mý kom soek.”

Here, dankie dat U nooit ver van ons af is nie – selfs wanneer dit so voel. Amen

Carel Anthonissen

Boodskap vir Vandag word finansieel moontlik gemaak deur die goedgunstige donateurs van Bybel-Media wat daarin glo dat die Woord van die Here deur verskillende mediums versprei moet word. Dit bereik daagliks reeds meer as 8 600 lesers.

As jy dalk Bybel-Media of die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit (wat die boodskappe se inhoud verskaf) wil ondersteun, besoek die Bybel-Media webblad  of die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit webblad.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed