Boodskap vir Vandag

Search

‘n Vreemde teks

“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het” (Exodus 20:2).

Dié week se teks is vreemd genoeg die tien gebooie.

‘n Mens wil amper vra: Hoe rym hierdie skynbaar ou wettiese geskrif met die Lydenstyd, met die storie van se Jesus lyding en dood aan ‘n ruwe kruishout?

Die sleutel lê daarin dat albei tekste na ‘n barmhartige God verwys wat mense wil bevry.

Die tien gebooie word nie verniet ‘n vryheidsmanifes genoem nie. Israel het reeds eeue vóór Christus se koms, nadat hulle uit die slawerny in Egipte bevry was, hierdie geskrif omhoog gehou as ‘n getuienis dat Gód hulle bevry het. Hulle het daarvan getuig dat God hulle met die gee van sy gebooie nóg dieper in hierdie vryheid wil inlei, ja, in die nuwe lewe wat ná Egipte gewag het.

Tereg skryf Terence Fretheim: “The law and the service to God and the world it entails is not to be understood as another form of bondage. The law is a gift of a redeeming God.”

En wanneer Jesus ly, is dit dieselfde God se werk om ons fináál van alles te bevry – skuld, skaamte, minderwaardigheid en onverskilligheid, dinge wat ons kan verhinder om hierdie gawe van nuwe lewe met vertroue en oorgawe te ontvang en te geniet.

Dít is tog ‘n geweldige troos!

Dankie weer eens Here dat ek mag weet: U is nie ‘n God wat mense onderdruk of minag nie. U wil ons bevry! Help ons om uit hierdie vryheid te leef. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed