Boodskap vir Vandag

Search

A Passage to India

Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê (1 Johannes 4:21)

‘n Mooi voorbeeld van hoe ‘n hardnekkige liefde lyk, een wat vashou aan die ander ondanks terugslae en probleme, kry ons in E.M. Forster se boek “A Passage to India”.

In die boek, wat later ook verfilm is, word ‘n jong Indiese dokter Aziz valselik daarvan beskuldig dat hy ‘n Britse onderwyseres Adele Quested op ‘n uitstapppie na die bekende Marabar grotte seksueel aangerand het.

Na ‘n lang hofsaak waarin Adele uiteindelik erken dat sy in ‘n oomblik van kloustrofobiese skrik en verwarring in die grotte, Aziz verkeerdelik betrek het by haar verbeelde trauma, word hy vrygespreek. Die uitspraak bring nie net die onderliggende wrewel en spanning tussen die Indiese bevolking en die Britse kolonialiste na die oppervlakte nie – dit bevry Aziz ook van ‘n sieklike onderdanigheid aan sy koloniale oorheersers.

Vir die eerste keer is hy gereed om op te staan teen hulle en sy lang onderdrukte bitterheid en woede te ontlaai. In die proses bly sy een kosbare koloniale vriendskap, die met die Brit Cyril Fielding, ook in die slag. Aziz is bitter en besluit om nooit weer ‘n wit persoon te vertrou of te sien nie.

Een van die mooi tonele in die boek en film volg dan wanneer Fielding na twee jaar terugkeer na India, spesifiek met die plan om Aziz op te soek. Aangrypend word dan uitgebeeld hoe Aziz aanvanklik niks met Fielding te doen wil hê nie, todat ‘n bewoë oomblik aanbreek waarin hy sy ou vriend weer omhels en liefkry.

En dit omdat Fielding geweier het dat die sogenaamde verraad, wantroue en vooroordele die vriendskap ruïneer. Selfs toe Aziz hom nie wou sien nie, het hy bly kom, bly praat en pleit – aanhoudend, knaend. Todat Aziz hom weer verwelkom en ingelaat het in sy lewe.

Die meeste van sou waarskynlik op die punt lankal opgegee het. Maar dit is die soort liefde waartoe die evangelie ons telkens weer oproep.

‘n Liefde wat nie net mense nie, maar ook volke en kulture nuut by mekaar kan uitbring.

Here leer ons vandag weer om soos U, nie mense prys te gee nie, maar telkens nuut met liefde en deernis te ontmoet. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed