Boodskap vir Vandag

Search

Aan God se liefde is daar geen einde nie

Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie (Psalm 118:1).

Psalm 118 wat een van ons tekste vir die week is, was volgens oorlewering die groot Hervormer, Maarten Luther, se geliefkoosde psalm.

So het hy eenmaal aangrypend oor dié psalm geskryf: “Die psalm het my van baie kwellinge en beproewinge gered op ‘n stadium toe geen keiser of koning, geen kundige wysgeer of geslepe skelm, selfs nie eers ‘n heilige, my kon help nie.”

Die vraag ontstaan natuurlik: “Vanwaar die besonderse troos en betekenis van hierdie psalm?”

Vir ‘n antwoord op dié vraag hoef ons nie te ver te gaan soek nie. Oor en oor verklaar die psalmdigter die geheim self, gee hy ons die sleutel. Dit naamlik lê in die blye ontdekking wat duisende gelowiges reeds oor die eeue gemaak het – een wat hulle in die slegste omstandighede denkbaar en dikwels teen alle verwagtinge in steeds regop gehou en laat aangaan het.

Dit is dat daar ‘n God bestaan wat góéd is en wat elke dag liefdevol omsien na sy kinders. ‘n God wat gebede verhoor (Ps 118:5) en by wie ons kan skuil wanneer alle ander planne en selfs mense ons faal (Ps 118:8-9). ‘n God aan wie se liefde daar geen einde is nie (Ps 118:1). Of soos Eugene Peterson dit stel: ‘n God wie se liefde ons nooit laat vaar of prysgee nie – “God’s love never quits.”

Die groot vraag bly of ons dit weet en hierop bly vertrou. En belangriker nog: of ons vandag weer bereid is om ons met gebed en smeking na hierdie God te draai?

Sodat God ons kan vashou en met God se onverganklike liefde dra.

O Here, saam met die psalmdigter draai ons ons vandag opnuut na U en dank ons U vir u troue en onverganklike liefde. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed