Boodskap vir Vandag

Search

Aanspoor

Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade.

– Hebreërs 10:24

 

Niemand is elke dag propvol moed en lewenslus nie. Ons is feilbare mense – en feilbare mense het ander mense se ondersteuning en aansporing nodig. Selfs die grootste gelowiges beleef geestelike laagtepunte.

 

Soms beur ons alleen deur ons woestyne en winters en teen ons opdraandes uit. Soms raak ons siek of beleef emosionele pyn. Ander kere is ons binnewêreld vol vertwyfeling of ons worstel dalk met ongeregtigheid wat teen ons gepleeg is.

 

Wanneer jy afgesny van ander met jou issues worstel, is dit baie moeilik om uit ’n emosionele dip te kom. Jy kan maklik rock bottom tref sonder genoeg ondersteuning van ander mense. Wanneer jy egter deel is van ’n klein netwerk opregte vriende wat gereeld incheck op mekaar, kan julle mekaar se laste help dra en mekaar aanspoor om die goeie stryd tot die einde toe te stry.

 

Is jy deel van so ’n netwerk van opregtes, of sukkel jy elke dag op jou eie voort? Die Woord sê ons moet voortdurend aandag aan mekaar gee en mekaar aanspoor om liefde en genade en goeie dade al meer kragdadig te beoefen.

 

Maak dit jou doelwit om deel te raak van ’n groepie omgeemense – veral as jy alleen woon. My suster is deel van my ondersteuningsnetwerk op my lewenspad. Wanneer ek alleen reis, check sy gereeld of ek veilig by my bestemming aangekom het. Dis goed om te weet iemand stel belang en dra jou welstand op die hart. Dit maak die uitdagings makliker.

 

Bruisgebed vir ondersteuning: Here, dankie dat ek deel kan wees van ’n ondersteuningsgroep. Help ons om mekaar gereeld aan te spoor en toe te neem in die kragdadige beoefening van liefde en genade.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed