Boodskap vir Vandag

Search

Aanwysers van afwesig-wees

God is vir ons ʼn toevlug en ʼn beskerming (Ps 46:20).

Wie begin nadink oor wat dit beteken om eg teenwoordig te wees, vind gou uit dit is dikwels veel makliker om te praat oor hoe dit voel om afwesig te wees.

Dit is om konneksie te verloor met die onmiddellike, om afgeskakel te wees vir wat hier en nou met jou gebeur en vir wat van jou gevra word.

My nadenke oor ʼn spiritualiteit van teenwoordig-wees het my gedwing om éérs hierna te kyk. In hierdie proses het ek, ten minste vir myself, sekere aanwysers geïdentifiseer wat my waarsku, byna soos alarms wat afgaan, dat ek nie meer eg en sinvol teenwoordig is by myself en ander nie. Dat dit nodig geword het om stadiger te gaan, stiller te word en aandagtiger te leef.

Hierdie indikators of aanwysers het natuurlik baie gesigte, maar van die bekendstes – en dit hang meestal direk saam met ʼn oorvol en gans te besige lewe – is:

ʼn Opvallende en kroniese verstrooidheid. Jy verlê jou sleutels; jy plak jou bril onnadenkend neer waar jy dit later nie kan opspoor nie; jy vergeet weer jou selfoon in die motor, ensovoorts.

Hiermee saam loop ʼn groeiende frustrasie met jouself wat dikwels na vore kom in moedeloosheid, ongeduld en selfs woede teenoor ander – ook teenoor jouself. Sodat jy jou by tye betrap dat jy met jouself begin raas en baklei.

Die slegste is dat jy – wanneer jou nerwe, by wyse van spreke, só begin afskaaf – met groter wantroue, minagting en selfs ʼn vorm van veragting na die wêreld begin gluur.

ʼn Laaste minder dramatiese, maar meer bekende aanwyser dat ons nie meer eg teenwoordig is by onsself nie, is natuurlik ʼn groeiende gevoel van rusteloosheid, onbehae en angs – wat ons dikwels in die nag laat wakker lê.

Wanneer dié aanwysers hulle voelbaar maak in ons lewe het dit, in Boerneef se woorde, tyd geword om briek aan te draai. Ook om opnuut na jou Skepper te draai.

Here, dankie dat U vir ons ʼn toevlug en ʼn beskerming is wanneer ons beheer oor ons lewe verloor. Help ons om telkens na U te draai. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed