Boodskap vir Vandag

Search

Af te lees in die skepping

Van die skepping van die wêreld af kan ‘n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is (Romeine 1:20).

Vir die Bybel is die kennis van God nie iets wat ons in ons verbeelding optower of uit onsself kan voortbring nie.

Dit kóm na ons toe. Dit word gegéé. Dit is die resultaat van die wonderlike waarheid en ontdekking dat dit God is wat God met mense bemoei en aan hulle bekend maak. Dit wil sê, God openbaar of onthul God self.

Hierdie openbaring of onthulling van God aan mense lê op verskillende vlakke.

Om mee te begin, so getuig Paulus in die Romeinebrief, kan ons die goddelike openbaring ervaar. Ons kan veral die krag en misterie daarvan in die skepping sien en daaruit leer ken. Dit wil sê, in die wonder van die natuur, die diereryk, ja, ook in die onbegryplik en immer uitdyende heelal waarvan ons deel is en wat ons so groots en asemrowend omring, leer ons God ken. Dit alles getuig van God se werke.

Trouens, Paulus maak die punt dat God op dié manier Godskennis vir alle mense bereikbaar gemaak het (Rom 1:19).

Die beroemde wetenskaplike, Stephen Hawking, suggereer verbasend genoeg dieselfde as hy dit stel dat daar één vraag is wat die mensdom nog nie goed kon uitpluis nie. Dit is die vraag waarom daar iets en nie niks is nie. As ons dít kan verstaan, so beweer Hawkins, sal ons die gedagtes van God ken.

Vir die Bybelskrywers was dié gedagtes reeds in die sigbare skepping af te lees. Lees maar net die wonderlike Psalm 104.

Here, dankie dat as ons goed kyk, ons u werke elke dag rondom ons kan sien. Ons verwonder ons vandag opnuut daaroor. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed