Boodskap vir Vandag

Search

Al langs die ry af …

Loof die oppermagtige God. Aan sy liefde is daar geen einde nie. Hy het magtige dade gedoen, Hy alleen. Aan sy liefde is daar geen einde nie – Psalm 136:2, 4.

In Psalm 136 dink die psalmis terug aan God se wonderdade en dank Hom vir sy liefde. Hy loof Hom nie net vir sy oppermag nie, maar ook vir die alledaagse en selfs vanselfsprekende dinge waaroor ons nie eens nadink nie.

’n Ouma vertel dat sy een naweek, toe sy by haar kleinkinders gebly het, vir haar tienjarige kleinseun gevra het: “Dink jy dit help om te bid?”

Hy het skamerig geantwoord: “Ek weet nie, Ouma.”

Toe kon sy vir hom gebeure in die Bybel as bewys van God se ingryping én sy daaglikse versorging voorhou. Sy kon ook geloofstories uit haar eie lewe met hom deel; nie slegs van kere toe gebede beantwoord is nie, maar ook van die kere toe God ver gevoel het en sy antwoord “nee” was.

Dit is ons as gelowige ouers se taak om ons dankbaarheid en erkentlikheid vir alles wat God in ons lewe vir ons gedoen het al met die ry af aan te gee as ’n lewende herinnering.

Jean-Baptiste Massieu, ’n biskop ten tye van die Franse Revolusie, skryf: “Dankbaarheid en erkentlikheid is die herinnering van die hart.” Toe hy in ballingskap in Brussel dood is, was Massieu, die eens invloedryke man, brandarm. Vir hom om bogenoemde te kon skryf, moes hy onwrikbaar geglo het in die krag van dankbaarheid.

’n Teologie van geloofsvertroue word deur dankbaarheid gebou, lees ek.

Here, dankie vir al die dankbaarheidstories wat ’n vastrapplek vir ons geloof is. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed