Boodskap vir Vandag

Search

Alles, maar alles anders

Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie: dit hou groot beloning in (Hebreërs 10:35).

Een van die belangrikste aspekte van geloof is dat geloof nooit staties is nie.

Dit bevat geen finale sekerheid nie; dit is nie ʼn soort besitting waaroor gelowiges beskik en wat onveranderlik bly nie.

Inteendeel. Geloof is ʼn weg waarop God ons oor tyd heen dieper in sy wil inlei. Meestal is dié weg een van groeiende selfopoffering – ʼn pad waarop ons, soos die dissipels van ouds, geroep word om gedurig die aard en rigting van ons lewe te ondersoek. En om weg te stap van alles wat God se Gees verhinder om ons te herskep tot meer volwasse en liefdevolle mense.

Om dié rede – omdat geloof ʼn leergang is waarop God deur sy Gees gedurig in en deur ons werk – is geloof altyd dinamies en hoopvol. Ons kan daarom met verloop van ons lewe verwag dat ons geloof ook ander gestaltes sal aanneem. Selfs splinternuwe uitdagings en opwindende ervarings kan meebring.

ʼn Bekende en toegewyde Hollandse regsgeleerde wat 90 jaar oud geword het, se opmerking hieroor bevestig dit. Op ʼn vraag van een van sy seuns, self ʼn teoloog, of hy nog alles glo soos vroeër, het die regsgeleerde eerlik en opgewonde geantwoord: “Ja, ek glo nog alles, maar alles anders.”

Hierdie bejaarde man het, soos die Hebreërskrywer, geweet dat geloof groeikrag besit en daarom ʼn eie beloning kan inhou.

Daarop kan jy vertrou.

Here, u pad met ons is vol verrassings, selfs onverwagte belonings. Help ons om nooit daaraan te twyfel nie. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed