Boodskap vir Vandag

Search

Arme ek!

Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word – Hebreërs 12:12-13.

’n Jong vrou – met twee woelige kleuterseuntjies, onderskeidelik vier en twee jaar oud, en ’n baba van drie weke – sien haar man met sy vertrek na Amerika op die lughawe af waar hy ’n jaar lank met ’n studiebeurs gaan studeer.

Dit is nog in die era voor selfone. Sy weet nie hoe sy dit gaan regkry om haar huis en kinders alleen te behartig nie. Hulle het pas na ’n studentedorp verhuis. Sy ken nog nie mense nie en haar ouers bly ver. Sy voel ontredderd.

Die aand bel sy haar ma en huil bitterlik oor die foon.

Die ouer vrou luister geduldig en simpatiek. “Moet jouself nie bejammer nie. Elke dag het 24 uur. Jy hoef nie môre se ure by te las nie. Doen wat jy nóú moet doen. Jy kán,” sê sy.

Die jong ma het haar skouers agtertoe getrek en een dag op ’n slag begin leef. Minuut vir minuut. Uur vir uur. 2 Korintiërs 12:9 het haar gedra: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”

Sy het haar op God se genade beroep. Telkens wanneer haar knieë wou lam raak en haar hande slap, het sy gepleit dat sy genade haar sal deurdra. En dit het. Meer nog, God se genade het haar sterk gemaak. Sy het besef: Dit is nie my eie krag nie, want dié sou te min wees.

Dit is God s’n. Daarom sal dit genoeg wees.

Here, dankie dat u genade altyd genoeg is. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed