Boodskap vir Vandag

Search

As die angs te veel raak

“Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My” (Johannes 14:1).

Dié wat daartoe geneig is, kén dit: hoe ons angstigheid dikwels deur negatiewe en bekommerde gedagtes aangewakker word.

Soos ʼn goeie vriend onlangs opmerk: “Die oomblik as ek dink aan my onseker werksituasie, aan my kind wat sukkel of aan uitstaande belasting of skuld, begin dit: die vinniger hartklop, die koue sweet, die ondraaglike benoudheid. En erger nog, die slapelose nagte vol nare drome wat my die volgende dag nog moeër en angstiger laat voel.”

Gelukkig is hulle wat hierdie neiging of toestand kan vryspring. Dít bly ʼn groot seën.

Maar wat maak jy as die angs jou nie wil los nie? As jy permanent rusteloos en nutteloos voel as gevolg daarvan? Sodat jy nie meer kans sien vir die volgende dag en sy dinge nie.

Goeie raad is om in sulke omstandighede jou dokter of psigiater te gaan sien. Jy sal verbaas wees hoe die regte medikasie op die regte tyd jou gevoel en stemming oor die lewe kan verander.

Maar daar is ook Jesus se woorde in Johannes 14:1. En Petrus se goeie raad wanneer hy ons vermaan: “Wees verstandelik wakker en nugter” (1 Petrus 1:13).

Môre meer dáároor.

O Here, die angs oorweldig my vandag. Gee tog uitkoms, wys my die regte pad. Help my om steeds op U te vertrou, in U te rus. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.