Boodskap vir Vandag

Search

As die gordyn lig

Daarop het hy gesê: “Of hy ‘n sondaar is, dít weet ek nie. Een ding weet ek wel: ek was blind, en nou sien ek” (Johannes 9:25).

‘n Paar jaar gelede het ek die voorreg gehad om die bekende Franciskaanse priester en skrywer, Richard Rohr, op ‘n toer in die omgewing van Stellenbosch te begelei.

Ons reis in die wynlande het ‘n boeiende gesprek oor kerk en politiek, geloof en hedendaagse skeptisisme geword. In die proses het ons ook vrymoedig verhale uitgeruil oor ons eie werk, ook oor God se bystand en seën in ons lewe.

Dit was toe ek hom van my eerste retraite vertel het, vertel het hoe ek in dié drie dae van afsondering, stilte en biddende omgang met die Bybel, op ‘n onverwagse manier aangeraak en oorrompel was deur die geheim van God se onvoorwaardelike liefde in Christus, dat hy dié veelseggende opmerking gemaak het.

Sy woorde was: “So, die gordyn het ook vir jou gelig?”

Met dié enkele vraag-sin, het Rohr dié dag daardie ervaring verwoord wat nie alleen die draaipunt in menige gelowige se lewe verteenwoordig nie, maar wat ook die geheim van ‘n egte teenwoordig wees by jouself en ander uitdruk.

Want sonder hierdie genadige en liefdevolle aanraking van God waaroor talle gelowiges oor eeue getuig het, sonder die lig van hierdie “heilige gordyn”, skiet ons bewussyn van wat in en rondom ons aan die gebeur is, dikwels tekort. Sukkel ons om die betekenis van die lewe met al sy wendinge, raaisels en pynlike teenstrydighede goed te peil.

Maar wanneer die gordyn lig, begin ons – net soos die dissipels van ouds – die wonder van God se teenwoordigheid en liefdevolle sorg in en rondom ons nuut raaksien. Ook raaksien hoe die God van Jesus steeds ons lewe en die geskiedenis in sy hand hou, selfs al woed die storms om ons (Mark 4:35-41).

So laat ons vandag weer stil genoeg word, sodat die gordyn kan lig. En ons soos daardie blinde man in Johannes 9 kan sien.

Here, raak my vandag weer aan met u liefde. Lig hierdie donker gordyn sodat ek kan sien en glo. Amen

Carel Anthonissen

 

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed