Boodskap vir Vandag

Search

As die wiele afkom

Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is (Psalm 103:14).

Alle mense kry hulle sogenaamde afdae of af-oomblikke.

Dit is daardie tye of oomblikke wanneer alles skeef loop. Wanneer iets gebeur of omstandighede só teen jou draai en jy vir daardie oomblik totaal van balans af voel. Voel asof al jou spreekwoordelike wiele afkom en jy nie in staat is om jouself te wees of jou beste te lewer nie.

Die ergste is wanneer sulke oomblikke boonop in die publiek plaasvind, voor die oë van ander mense.

Wanneer ‘n atleet byvoorbeeld voor ‘n groot skare struikel of val. Of ‘n tennisspeler een bal na die ander uit- of misslaan. Of ‘n spreker sukkel om die regte woorde te vind.

Onlangs tydens ‘n radio-opname gebeur dit met my dat ek totaal van stryk is, nie die regte woorde kan vind nie, lomp en onsamehangend praat, heeltyd kleitrap. Sulke oomblikke is hoogs frustrerend, want jy weet jy kon soveel beter gedoen het.

Wat gemaak as dit gebeur? Hoe oorkom jy so ‘n verleentheid?

Miskien is dit ‘n skamele troos, maar vereers moet ons onthou dat almal dit kan oorkom. Verder moet ons weet dat sulke oomblikke wel verbygaan. En dat daar altyd weer nuwe kanse vir verbetering of vernuwing sal kom.

Die belangrikste is om jou eie beperkinge te leer ken, jouself nooit te ernstig te neem nie. Ook te leer om jouself in sulke oomblikke te vergewe. Wat jy ook mag doen – elke slag – want God is vandag weer óm en bý jou.

God verstaan. God vergewe. God weet waarvan jy gemaak is.

Here, wat ‘n troos om te weet dat U ons swakhede ken. En dat U bereid bly om ons te vergewe. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed