Boodskap vir Vandag

Search

As jou hart eerlik brand

Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. Hy sal jou onskuld laat deurbreek soos die son, jou reg soos die helder lig van die middag (Psalm 37:5-6).

Onlangs reis ek saam met ‘n groep Dene op die voetspoor van oud-President Mandela deur ons land.

Ons besoek talle museums en historiese plekke. Ons word aangegryp deur die dade van mense wat onder uiters moeilike omstandighede bly stry het vir waarheid en geregtigheid. En só ‘n verskil aan die geskiedenis van ons land gemaak het.

En dit dikwels sonder dat hulle in hulle leeftyd die goeie vrug van hulle moedige optrede gesien of beleef het.

Na aanleiding hiervan, herinner ‘n Deense pastoor my aan ‘n boeiende aanhaling uit hulle eie teologiese tradisie. Dit lui:

“As jou hart eerlik brand vir dit wat waar en reg is, sal die geskiedenis dit mettertyd ook staaf dat jy nie verkeerd gedink of gehandel het nie.”

In ‘n tyd van groeiende onrus en ontevredenheid, bied hierdie aanhaling ‘n belangrike riglyn. Dit is dat ons altyd seker sal maak dat ons handelinge nie allereers deur selfsugtige motiewe, massahisterie of goedkoop opportunisme gedryf word nie, maar wel deur ‘n eerlike passie vir wat waar en reg is.

Alleen dán kan ons hoop dat die Here, én die geskiedenis, ons genadig sal wees.

Here, ons bid vandag vir ons land en sy mense. Hou ons tog eerlik in ons strewes na wat waar ek reg is. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed