Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Laat die Bouer lewenslank aan jou bou

Lees 1 Petrus 2:5. Laat julle as lewende stene opbou tot ’n geestelike huis (v  5). Bouers werk om klaar te kry, want tyd is geld en daar is ander projekte wat wag. Party bouers bou so vinnig dat hulle knoei en afskeep. Die hemelse Bouer doen dit egter nie. Christus het die tender aanvaar […]

Doen alles wat God van jou vra

Lees Genesis 7:5. Noag het alles gedoen soos die Here hom beveel het (v  5). Partykeer vra geloof dat ’n mens die onmoontlike vir God moet doen – soos wat met Noag die geval was. Om ’n reuseboot in die middel van ’n droë landstreek te bou en boonop vir almal rondom jou te vertel […]

Oop harte vir mekaar

Lees Romeine 16:1-2. Ek beveel ons suster Febe wat diaken is in die gemeente in Kenchreë, by julle aan (v 1). In die vroeë kerk was daar ’n groot netwerk van vriendskap wat gelowiges in staat gestel het om by ander gelowiges tuis te gaan sonder dat hulle mekaar eens geken het. Omdat daar nie hotelle […]

Skuil by die Een wat die sterkste is

Lees Matteus 12:33-30. “Aangesien Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, het die koninkryk van God inderdaad tot by julle gekom” (v  28). Dit help partykeer om sterk mense aan jou kant te hê, nie waar nie? Dink maar net hoeveel keer op skool die sterkste ouens die beste daaraan toe was; hoe […]

Word weer klein én belangrik

Lees Lukas 9:46-48. “Elkeen wat hierdie kindjie in my Naam ontvang, ontvang My, en elkeen wat My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het” (v  47). Het jy al in die stilligheid gewonder wie die belangrikste in die hele wêreld is, of dalk in God se oë? Wel, nou het jy uiteindelik die antwoord: Die […]

Vergeet ’n slag van goeie sitplekke!

Lees Markus 10:35-45. “Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees” (v  43). Armoede is oral rondom ons. Baie mense leef onder die broodlyn. Vigs dra ook by tot hierdie ellende. Daar is miljoene weeskinders in Afrika as gevolg van vigs en ander siektes. ’n Mens kan nooit jou rug draai […]

Die kleintjies is die grootste!

Lees Markus 10:13-15. “Laat die kindertjies na My toe kom” (v  14). Dalk koester jy mooi herinneringe oor jou kinders of kleinkinders se geloofsbelewenisse. ’n Kennis het eenmaal vertel van ’n jong familielid wat die ou Hallelujalied: “As die lewenstorme woedend om jou slaan” verander het na: “As die lewe storm, moet jy woedend om […]

Wees goed vir mekaar

Lees Rut 2:1-13. “Mag die Here jou beloon vir wat jy gedoen het” (v 12). ’n Vrou het op ’n keer ’n boom in die hoek van haar tuin geplant. Maar dit wou nie vrugte dra nie. Later het sy besluit om dit af te kap. Toe haar buurman sien wat sy doen, vra hy […]

Wees goed vir ander mense as hulle nie by is nie

Lees Eksodus 23:1-9. “Jy mag nie skinderstories versprei nie” (v  1). Skinder is baie mense se gunstelingtydverdryf. Party mense kan nie wag om die nuutste skinderstories oor ander aan hulle vriende te gaan oorvertel nie. Dit is so maklik om te skinder, om lelike dinge oor ander in hulle afwesigheid te sê. Party mense speel […]

Ek kan God nie verklaar nie

Lees Prediker 3:11. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie (v  11). God is onverklaarbaar. So sê ons, maar glo dit nie regtig nie, want ons probeer steeds om sy handewerk te verklaar. Staan ons voor ’n siekbed, sê ons alte maklik: “Toe maar, julle sal later […]

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.