Boodskap vir Vandag

Search

Bedaar tog!

’n Sagte antwoord laat woede bedaar; ’n krenkende woord laat woede ontvlam. Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense. ’n Humeurige mens soek skoor; ’n verdraagsame mens maak rusies uit die wêreld – Spreuke 15:1, 4, 18.

Daar is krag in kalmerende woorde. ’n Sagte antwoord is ’n koel reënbuitjie wat vlammende humeure laat afkoel. Die woorde van vredemakers bring lewe. Daarom sê Christus: “Geseënd is die vredemakers.”

Ons is geroep om Christus se vrede uit te leef. Nét daar waar ons is. Wanneer ons moeg, geïrriteerd, honger, onseker, ontsteld, selfsugtig of sommer net doodeenvoudig moedswillig is, laat een onnadenkende woord of skewe kyk maklik die vrede aan skerwe spat.

Ons kan beswaarlik verwag dat daar vrede op aarde moet wees wanneer selfs ’n klein kuddetjie geliefdes sukkel om in vrede saam te leef. In ’n plattelandse gemeente het daar elke Sondag twee vooraanstaande families in die kerk gesit. Weerskante van die paadjie. Hulle het na dieselfde boodskap geluister, dieselfde God aanbid. Op straat het hulle mekaar egter vermy. ’n Dispuut van 50 jaar oor waterregte het hulle vyande gemaak. Hul trots het hulle daarvan weerhou om vrede te maak.

Toe kom daar ’n nuwe, jong predikant. Hy was ’n vredemaker. Sonder om doekies om te draai het hy hulle daarop gewys dat die eie ek dikwels die pad na ware vrede versper. Hy het hulle help insien dat vrede ’n opdrag is en dat Christus dit van ons as sy kinders verwag. Christus se woorde in Johannes 14:27 het vir hulle begin oopgaan: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle.” En hulle het dit begin uitleef.

Here, maak my gehoorsaam aan u vredesopdrag. Amen. 

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed