Boodskap vir Vandag

Search

Begin net, hoe klein ook al

Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here (Romeine 12:11).

Inderdaad lê die bron en spoorslag vir nuwe beginne in ‘n mens se lewe diep veranker in die ontdekking van God se genade, ja, God se vergewende liefde wat elke dag nuut na ons toe kom.

Maar dit beteken nie dat ons alleen passiewe ontvangers van God se genade moet wees nie. Nee, God verwag ook van ons om daaruit te lééf. Om deur sy genade nuut te begin.

Oor die aard en waarde van so ‘n nuwe begin, het talle skrywers oor die eeue ‘n bydrae gelewer.

  • So skryf die bekende digter, Johann Wolfgang von Goethe: “Dit is nodig dat ons bly verander, onsself bly vernuwe en verjong. So nie sal ons verhard en stagneer.”
  • Marilyn Grey weer skryf: “Die lewe is nie ‘n kleedrepetisie nie. Hou op om te oefen aan wat jy eendag wil doen. Dóén dit net. Deur een moedige daad, kan jy jou hele dag positief kleur.”
  • Mark Twain sluit hierby aan: “Die geheim om voor te kom, is om te begin. Die geheim van begin, is om jou komplekse en soms oorweldigende opdrag in kleiner, hanteerbare take te verdeel. En om dan met die eerste taak te begin.”
  • In dié verband herinner Rumi troosvol: “As al wat jy kan doen, is om te kruip, begin dan kruip.”
  • En miskien die mooiste van almal, Sint Francis van Assisi se raad: “Begin deur te doen wat nóú nodig is. Doen dan wat moontlik is. En skielik sal jy ontdek: jy doen die onmoontlike!”

Al die aanhalings sê net één ding: Begin net, hoe klein ook al!

O Here, hoeveel dae voel ons nie oorweldig deur ons werk nie. Gee ons vandag die moed en energie om net te begin – hoe klein ook al. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.