Boodskap vir Vandag

Search

Bereid om jou foute te erken

Ja, my oortredinge ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus (Psalm 51:5).

Om heilig te lewe soos wat die Bybel ons vermaan, beteken – soos ons gister gehoor het – dat ons as gelowiges dit sal waag om ánders te leef.

Één manier om anders te leef en só nader te kom aan die Bybelse ideaal van heiligheid, is om altyd bereid en grootmoedig te wees om jou foute en oortredings te erken.

Openlik te sê en te bely dat jy drooggemaak het.

Die geskiedenis wys dat mense wat in dié opsig eerlik is, selfs al veroorsaak dit nóú groot verleentheid en pyn, op die lange duur net kan wen en groter respek afdwing.

Hoe aangrypend sien ons dit nie in Dawid, die koning van Israel, se lewe nie.

Toe hy ná die egbreuk met Batseba deur Natan die profeet gekonfronteer is (2 Sam 12:1-12), gooi hy nie verontskuldigend en met allerlei verskonings sy hande in die lug nie. Inteendeel, Dawid erken sy skuld (2 Sam 12:13), verootmoedig hom voor God en skryf agterna ’n psalm – Psalm 51 – wat oor eeue vir baie individue én volke wat gewanhoop het aan hulle toekoms en núút moes begin, tot groot inspirasie sou dien.

Ongelukkig is daar min van Dawid se soort in die rondte. Trouens, dit bly een van die ontstellende tendense van ons samelewing hoe mense, veral leiers, weier om verantwoordelikheid vir hulle eie foute of wandade te neem.

Ja, hoe hulle, in plaas daarvan om hulle foute en swakhede te erken en te bely, dit steeds bly verdedig of verdoesel – of erger nog, die blaam daarvoor op ‘n ander oorskuif.

Sulke mense verstaan nog min van die evangelie van Jesus wat lewe, hoop én heiligheid beloof aan hulle wat bereid is om aan hulle eie mag, vrese, trots en oneerlikheid te sterf.

Vir dié soort heiligheid behoort ons elke dag te bid – nie alleen vir ander nie, maar veral ook vir onsself.

O Here, hoe traag is ons om ons foute te erken. Leer ons vandag weer die wins daarvan om eerlik met ons eie mislukkings en oortredings om te gaan. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed