Boodskap vir Vandag

Search

Bietjies

“So sê die Here die God van Israel: Die meel in die kruik sal nie opraak nie, en die olie in die kan sal nie minder word nie, totdat die Here laat reën het op die land” (1 Konings 17:14).

Net soos die profeet Elisa, het ook die profeet Elia gesorg vir kos in tye van nood. ʼn Mens moet eintlik die gedeelte in 1 Konings 17 in die oorspronklike Hebreeus lees om die woordspeling te kan raaksien.

Elia kom by die weduwee in Sarfat aan. As jy dié gedeelte aandagtig lees, raak jy bewus van woorde wat op “min” dui: ʼn bietjie water, ʼn stukkie brood, ʼn handvol meel, ʼn bietjie olie, ʼn paar houtjies. Minder as min, die laaste skraapsels.

God werk juis daar waar mense min of selfs niks het nie en eintlik al in magteloosheid boedel oorgegee het. Die weduwee het haar reggemaak om haar kind se dood te aanskou en self te sterf. In dié situasie bring God lewe. Hy openbaar Hom in weerlose oomblikke. Want God het min of selfs niks nodig nie om te kan sorg.

In ʼn tyd van materialisme is dit goed om ons af te vra: Wanneer is genoeg genoeg? Miskien is die eintlike vraag (in die konteks van hoe en waar God werk): Is daar ooit iets soos te min?

Here, U is die God wat sorg, selfs wanneer ons al moed opgee. Dankie daarvoor. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed