Boodskap vir Vandag

Search

Blind – help my!

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus – Filippense 4:19.

Ek lees van ’n blinde bedelaar wat elke dag op ’n besige plein gesit het met sy plakkaat waarop staan: “Ek is blind. Help my.” Sommige dae kon hy genoeg aalmoese kry om aandkos te koop. Ander dae moes hy met brood en melk tevrede wees.

Een oggend hoor hy die vinnige voetstappe van ’n vrou op hoëhakskoene. Toe sy by hom kom, gaan staan sy stil. Sy vra verskoning dat sy nie ’n geldjie vir hom het nie, maar kan hy dalk vir haar ’n dik kokipen leen? Sy haal die plakkaat wat om sy nek hang af en skryf iets op die agterkant voordat sy wegstap. Deur die loop van die dag gooi daar kort-kort iemand ’n munt of selfs ’n geldnoot in die blinde se blikkie, baie meer as op ander dae.

Laatmiddag hoor hy weer die voetstappe. Hy kan sy nuuskierigheid nie bedwing nie en vra haar wat sy op die plakkaat geskryf het. Sy antwoord: “Dit is ’n pragtige dag. Ek wens ek kon dit sien.”

Die Bybel moedig ons aan om ons behoeftes aan God bekend te maak. Hy hoor altyd en is bereid om te help. Die manier waarop ons vra, maak egter die verskil; nie soseer in sy antwoord nie, maar in hoe ons na ons probleme en behoeftes kyk.

Die blinde het op sy blindheid gefokus. Dit was al wat hy in sy “stipsienigheid” kon “raaksien”. Die vrou het op die lieflike dag daarbuite gefokus.

Here, maak my geestesoë oop sodat ek al u gawes kan raaksien en nie net dít wat ek kortkom nie. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed