Boodskap vir Vandag

Search

Bly ontvanklik

Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuutmaak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat sy wil is en hoe julle julle hele lewe elke dag aan Hom moet oorgee – Romeine 12:2 (Die Boodskap).

’n Christen loop die gevaar om te stagneer. Jy lees later so dikwels die Bybel en hoor dieselfde boodskappe dat jy afstomp. Jy is nie meer toeganklik om nuut te hoor en te dink nie.

Elke keer wanneer daar ’n nuwe Bybelvertaling of geestelike sangbundel verskyn, is dit asof ons teësinnig daaraan proe-proe. Ons wil nie uit ons gemaksone gehaal word nie. Ons is heel tevrede om die status quo van ons geestelike lewe te handhaaf.

God vermaan ons egter om nie moeg te word, uit te sak en lou te wees nie. Ons moet uit ons doodslaap wakker word en met nuwe geestesoë na ou bekende waarhede kyk.

’n Vrou skryf vir my: “In my geestelike lewe het ek onlangs vir die eerste keer bewus geraak van die groot verskil tussen ‘inligting verkry’ en ‘openbaring verkry’. As onderwyseres is dit vir my belangrik om gereeld nuwe inligting in te win of naslaanwerk te doen. Dieselfde het vir my Bybelstudie gegeld. Nou weet ek dat ek eerder daarna moet strewe om die openbaring van God te ontvang as inligting van enige ander bron af.”

Blote inligting kan my ontvanklikheid beperk, my denke begrens. Openbaring breek grense af en transformeer. Dit laat my toe om vryer asem te haal en met nuwe oë te kyk.

Here, vernuwe my denke. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed