Boodskap vir Vandag

Search

Bou ʼn muur en gooi die bagasie terug

Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here. Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu (Jesaja 1:18).

My buurman, ʼn sielkundige, vertel my nou die dag hoe hy mense prakties help om nie die onnodige en oorbodige bagasie van ander mense te dra nie, dit wil sê, om nie hulle onverwerkte komplekse joune te maak nie.

Sy raad is: Skep in jou verbeelding ʼn muur tussen jou en die persoon se beskuldigings of verwyte sodat dit nie jou lewe die hele tyd belas en omkrap nie. Gooi die ander se bagasie wat so swaar op jou rus gewoon terug na hulle toe sodat hulle dit self kan hanteer.

Dit klink dalk harteloos, maar volgens my buurman is dit dikwels die enigste raad wat help. Wat natuurlik nié beteken jy kan jou volledig van ander mense afsluit of jou aandeel in die kloof tussen julle onder die mat in vee nie. Inteendeel, met my buurman se raad skep jy dikwels juis die ruimte waarbinne albei partye eerliker kan ontmoet en hulle griewe openlik kan uitpraat.

Dié verpligting rus nie net op familielede of vriende wat van mekaar vervreem geraak het nie, maar ook op die mense van ons land wat mekaar om vele redes vandag steeds verwyt, beskuldig en met hulle onverwerkte geskiedenisse belas.

Vir ons as gelowiges begin die proses van heling en bevryding natuurlik altyd waar ons God se uitnodiging by monde van Jesaja 1:16-19 hoor en as ʼn daaglikse opdrag aanvaar. Daarsonder sal ons in ons griewe en verwyte bly vassit.

Here, gee my vandag die moed om onnodige laste, veral dié wat ander op my plaas, agter my te laat. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed