Boodskap vir Vandag

Search

Brief aan ‘n twyfelde

As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry (Johannes 15:7).

Onlangs lees ek weer die skrywer CJ Langenhoven se brief aan ‘n twyfelende student.

Dit kom uit sy Versamelde Werke I en is ‘n aangrypende getuienis van sy geloof in die persoonlike God van Jesus Christus.

So skryf hy aangrypend aan die einde van sy brief:

“Toe ek ‘n kind was, het ek niks geskroom om die Almagtige te soebat om my siek hondjie tog nie te laat doodgaan nie … Ag, wat help dit om weg te steek – ek skroom vandag nog nie! … En met die oog op wat Jesus van die mossies sê, is so ‘n gebed nie benede die Aangeroepene se notisie nie. Daar is ‘n kind om sy Vader se hulp verleë.

“My vriend, sal die Vader nie jou bittere geloofstryd aansien en nie jammer kry vir sy kind wat om sy ontwil ongelukkig is nie? Verborgenhede sal Hy jou nie openbaar nie: Watter reg het jy op sy geheime, watter verwaandheid om sy raad te wil indring? Maar soveel hemelse lig as wat nodig is vir jou hulp en heil hier op die aardse pad, sal Hy op jou laat skyn, en wat onbillik is sal Hy nie van jou vorder nie. Maar vra Hom watter geloof Hy van jou verwag: Hy is verplig om te antwoord. Op Hom, soos op jou, rus die plig van die liefde.”

Dit is vertroostend om te weet dat iemand so slim, bekend en groots soos Langenhoven, só kinderlik voor die aangesig van sy God kon leef.

O Here, gee ons vandag weer daardie kinderlike geloof wat nie skroom om U ons sorgende Vader te noem en gedurig tot U te bly roep nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed