Boodskap vir Vandag

Search

Bring terug die tafel!

Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen … Jou vrou is in jou huis soos ‘n vrugbare wingerdstok, jou seuns is rondom jou tafel soos jong olyfboompies! (Psalm 128:1-3).

Nie lank gelede nie het ek groot plesier gehad aan ʼn radiopraatjie oor RadioSonderGrense.

Dit het oor die uitdagings van die sogenaamde moderne familie gegaan.

Die sielkundige het interessant en uit eie ervaring gepraat. Sy terugkerende oproep, waarmee hy dan ook sy program afgesluit het, was: “Bring terug die tafel! Skakel die TV af.”

Die punt wat hy wou stel, was duidelik. Ons moet daarteen waak dat dinge soos die televisie, en voeg maar die selfoon by, ons familielewe fragmenteer en elkeen in hulle eie kokon of hoek dryf. Sodat ʼn ou gebruik, soos om saam om ʼn tafel aan te sit vir ete, nie verlore gaan nie.

In my kinderjare was die eettafel of kombuistafel die plek vir kuier, vir gesels en soms selfs vir heftige gesprekke oor die nuutste sportgebeure of allerlei brandende politieke kwessies. Die tafel was ook die plek waar ons, dikwels tot laataand, speletjies gespeel en saam na musiek geluister het.

Die sielkundige se pleidooi klink dalk vir baie moderne mense soos ʼn futiele teruggrype na ʼn nostalgiese verlede. Dit is dalk waar, en waarom nie? In ʼn kultuur waar sosiale bande en waardes al hoe meer deur die impak van sosiale media bedreig word, bly sy oproep relevant, indien nie lewensbelangrik nie.

As ek dan by hom kan aansluit: “Bring terug die tafel. Skakel die TV en die selfone af.”

Dankie, Here, vir huise en tafels waar ons vir ete kan aansit en kan saamgesels. Dankie veral vir die belofte dat U ons deurlopend by ʼn feesmaal laat aansit en met u hartlikheid oorlaai. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed