Boodskap vir Vandag

Search

Bymekaarmaak

“Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie” (Jesaja 53:2, 1953-vertaling).

Wendy Farley het ʼn boek geskryf met ʼn titel wat my elke keer tref as ek dit op my boekrak opmerk: Gathering those driven away. ʼn Mens kan dadelik vra: Wie word bymekaargemaak? Wie is uitgestuur of weggejaag?

Farley fokus op die randfigure, dié wat nie pas nie, en vra of ons werklik die implikasie van Jesus se menswording vir kerk-wees verstaan.

Sy haal dan M Shawn Copeland aan: “If my sister or brother is not a the table, we are not the flesh of Christ. If my sister’s mark of sexuality must be obscured, if my brother’s mark of race must be disguised, if my sister’s mark of culture must be repressed, then we are not the flesh of Christ.”

As ons Christus nie kan sien in dié wat anders as ons is nie, hoe kan ons werklik kerk wees in die wêreld? Dan is ons alleen, gesegmenteerd, elkeen in ons hoekie besig met ons eie belange. Dan mis ons die wonder van die kerk as nuwe skepping, hoewel nie perfek nie.

Here, gee aan my u gesindheid, dat ek almal sal raaksien en omarm wat, soos U eens, geen gestalte of heerlikheid het nie. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed