As God wil . . .
Lees Jakobus 4:7. Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen” (v 15). Ons word slegs ’n paar jaar se lewe hier op aarde gegun; ’n klompie treë om in God se lig te mag loop. Ons moenie willoos van een dag na die volgende […]
Vra en leef
Lees Amos 5:4. “Vra na my wil, dan sal julle lewe!” (v 4). Sukses is nie baie besittings as jy ’n volgeling van Jesus van Nasaret is nie. Nooit definieer Jesus voorspoed of geluk aan die hand van die hoeveelheid besittings of geld wat jy op jou naam het nie. Sukses het altyd met ander […]
Die antwoord kom gouer as wat jy dink
Lees Daniël 9:23. “Toe jy met jou smeekgebed begin het, is daar ’n antwoord gegee, en ek het gekom om dit vir jou te vertel” (v 23). Daniël het skaars met sy innige gebed begin, of die Here het reeds geantwoord. Ongelooflik! Maar dit is hoe God is. Indien ons binne sy wil bid, antwoord Hy […]
Bid – dit werk
Lees Amos 7:2. “Here my God, vergewe tog vir Jakob! Hoe sal hy staande bly?” (v 2). Gebed werk! Amos sien in hoofstuk 7-9 ’n aantal gesigte waarin die Here vir hom wys watter straf Hy oor die land gaan loslaat. In die eerste gesig wys die Here vir hom dat Hy ’n sprinkaanplaag gaan stuur, […]
Bid God se planne in trurat
Lees 2 Konings 20:1-11. “Ag, Here, neem tog in ag dat ek voor U in trou en met volle oorgawe geleef het” (v 2). Wat sal jy maak as iemand soos Jesaja die dag by jou kom en sê dat jy jou familie moet groet, want die Here het gesê dat jy gaan sterf? Ek sou […]
Druk deur, maar doen dit op jou knieë!
Lees Kolossense 4:2. Volhard in die gebed! (v 2). Sukses vra harde werk. Vra maar vir enige suksesvolle persoon. Daar is geen kortpaadjies nie. Dissipline, vasbyt, doelgerigtheid – sulke dinge kenmerk toppresteerders se lewe. ’n Lewe waarin God verheerlik word, vra deursettingsvermoë. Sonder geestelike stamina is jy gedoem tot middelmatigheid. Dan val jy oor elke […]
Bid om te ontvang
Lees 1 Kronieke 13:1-14. Dawid het daardie dag bang geword vir God (v 12). Ek word bang as ek verhale soos hierdie in die Ou Testament lees. Dit vertel in geen onduidelike taal nie dat God nie nonsens vat nie, nie van enigeen nie. Hy en sonde is geensins vriende nie. Sy reëls en voorskrifte […]
Een gebed is soms genoeg
Lees 2 Kronieke 30:14-27. Maar Hiskia het vir hulle gebid (v 18). Toe bid Hiskia … en God luister. Net een gebed was genoeg om die lewe van baie mense te red, mense wat nie al die reinigingsvoorskrifte nagekom het vir die viering van die Paasfees nie. Een gebed van ’n koning so reg na God […]
Gebruik dit wat jy ontvang het
Lees 1 Timoteus 6:20 Timoteus, bewaar wat aan jou toevertrou is (v 20). “Wat kan ek vir die Here beteken? Ek is te swak om regtig ’n verskil te maak.” Dis glad nie waar nie. Die Here vra nie dat jy eers moet sterk wees voordat jy vir Hom kan begin werk nie. Ook nie […]
Maak gebed deel van jou geestelike metabolisme
Lees Nehemia 2:8-10. My God het sy goeie hand oor my gehou, en die koning het my versoek toegestaan (v 8). Wanneer gebed deel van jou geestelike metabolisme is, het jy krag. Of liewer: Dan weet jy altyd waarvandaan jou krag kom. Dan weet jy God is die Een wat alle mag het. Gebed is […]