Moed

Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here! – Psalm 27:14 Soms verloor ek moed, moet ek erken, wanneer ek kyk na die kookpot van verdeeldheid in ons mooi land. Daar is soveel aggressie en onenigheid net waar jy kyk – in gesinne, by werkplekke, tussen verskillende […]
Ontferming

Daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. – Klaagliedere 3:22 Waaraan dink jy wanneer jy die woord ontferming hoor? Watter beweging ervaar jy in jou hart? Die meeste mense se moed sak sommer in hulle skoene wanneer hulle dié woord hoor. Hulle dink dadelik aan die menigte […]
Seun

En ’n stem uit die hemel het gesê: “Jy is my geliefde Seun. Jy is ’n kind so na my hart.” – Lukas 3:22 Ek het net een kind, ’n seun. Ek onthou so duidelik soos gister hoe opgewonde ek was toe ek aan my seun, Frankie, geboorte geskenk het. Dit was een […]
Beloning

Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here . . . omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan. – Kolossense 3:23-24 Ons almal hou daarvan om vir ons harde werk […]
Salf

Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid. – 1 Johannes 2:20 Ons almal weet hoe strelend salf op ’n wond is. Dit bring onmiddellik verligting van die pyn en ongemak en bewerkstellig genesing. As ʼn onervare jong ma het ek op salf staatgemaak om daardie brandboudjies, seer […]
Oogappel

Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels. – Psalm 17:8 Hoe lekker is dit om te weet jy is iemand se oogappel. Dit sit sommer ’n huppel in jou stap wanneer jy weet jy het iemand se spesiale guns gewen. Jy voel soos die […]
Konsekwent

“Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’ ‘nee’.” – Matteus 5:37 Ek probeer konsekwent optree en kom baie goed oor die weg met ander mense wat konsekwent optree. Ek kan ’n lang pad stap met mense op wie se woord ek kan staatmaak. Mense wie se ja ja en wie se nee […]
Denke

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. – Romeine 12:2 Dit is amper instink by ons as mense om kwaad met […]
Geesdriftig

Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. – Romeine 12:11 Ek is ’n rukkie gelede deur ’n seisoen waar my voete begin sleep het – so ook my geloof en my geesdrif. By my huis is my energie, tyd en geld elke dag deur herstelwerk opgeslurp. Dit was soos […]
Yster

Yster slyp yster, vriende vorm mekaar. – Spreuke 27:17 Wanneer jy ’n stuk yster gladder, mooier en skerper wil slyp, gebruik jy ’n ander stuk yster om die werk te doen. In die proses word albei dan sommer mooier geslyp. Dieselfde kan gesê word van vriende se invloed op mekaar. As daar wedersydse […]