Boodskap vir Vandag

Search

Stadsplein

Wysheid roep opgewonde op straat, op die stadspleine laat sy haar stem hoor. Aan die bopunt van ’n rumoerige straat roep sy uit, by die ingange na die stadspoorte klink haar woorde op – Spreuke 1:20-21 (Nuwe Lewende Vertaling). Stadspleine vertel stories. Dikwels het dorpe en stede rondom ’n plein ontstaan, soos in die Middeleeue […]

’n Vesting sonder krake

Die Naam van die Here is soos ’n veilige fort. Die regverdige gaan skuil daar en word beskerm. Die ryk man beskou sy rykdom as ’n ondeurdringbare vesting. In sy verbeelding is dit ’n hoë muur waaragter hy beskerm word – Spreuke 18:10-11 (Nuwe Lewende Vertaling). God stel Homself tot ons beskikking. Hy wil ons […]

Solied

Die Naam van die Here is ’n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling – Spreuke 18:10. “Die Naam van die Here is die Here Sélf vir dié wat Hom ken.” Só lees ek in Die Bybel met verklarende aantekeninge. Sy Naam ís Hy. Toe die Here vir Moses by die brandende doringbos gesê het: […]

Toevlug

Wie die Here dien, het daarin ’n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling – Spreuke 14:26. Op die Bybelskool-webwerf skryf Chris van Wyk: “Spreuke fokus regdeur sterk op die ontsag/vrees van die Here.” Wysheid begin nie in ons denke nie. Wysheid lê nie in die filosofie, godsdiens of wetenskap nie. Dit lê […]

Drumpel

Dit sal goed gaan met die mens wat na my luister, die mens wat elke dag na my huis toe kom en op die drumpel staan en wag – Spreuke 8:34. In Afrikaans is daar verskeie uitdrukkings waarin die woord “drumpel” voorkom: Op die drumpel van ’n groot avontuur. Op die drumpel van sukses. Op […]

Stad sonder ’n muur

’n Stad sonder ’n muur om hom te beskerm, so weerloos is ’n mens as hy nie selfbeheersing het nie – Spreuke 25:28. Die teksvers skets ’n prentjie van ’n antieke stad wat oop en bloot op die wye vlakte lê sonder ’n muur wat beskerming teen aanvallers bied. Geen koning sou so kortsigtig wees […]

Te lig bevind?

“Dit is die woorde wat geskrywe is: ‘Getel, getel, geweeg en verdeel.’ ‘Geweeg’: u is geweeg en te lig bevind” – Daniël 5:25, 27. Belsasar, die koning van die Galdeërs, was ’n invloedryke koning. By die fees wat hy in sy paleis gehou het, was daar 5 000 mense teenwoordig. Hulle het geëet en wyn […]

Reg of weg?

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God – Miga 6:8. Die woord “regverdig” of “geregverdig” kom ongeveer 300 keer in die Bybel voor. Dit wys hoe belangrik dit vir […]

Weegskaal

’n Valse weegskaal is vir die Here ’n gruwel, maar in ’n volle gewig het Hy behae – Spreuke 11:1 (1933/1953-vertaling). Die Here vra nie net van ons wysheid in groot dinge nie, maar Hy verwag van ons om in elke kleinste aspek van ons lewe getrou te wees, selfs dít wat ons as onbenullig […]

’n Toegestopte put

’n Fontein, ’n put waarvan die water vuil en stink geword het, so is ’n regverdige wat hom tot ’n val laat bring deur ’n goddelose – Spreuke 25:26. Water word dikwels as metafoor vir die lewe gebruik. Daarenteen word besoedelde water, of ’n gebrek aan water, met die dood verbind. In die waterarm Israel […]

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.