Sê dit met jou lewe

Lees 2 Johannes vers 12. Daar is nog baie dinge om vir julle te sê (v 12). Johannes se gemoed is te vol om alles wat op sy hart is hier in een brief uit te stort. Daarom dat hy sê hy kom vir die gelowiges kuier, want vir hom gaan dit oor verhoudings. Miskien […]
Kom!

Lees Openbaring 22:17. Die Gees en die bruid sê: “Kom!” (v 17). Op die laaste dag ken God jou op jou naam, of volgens jou werke. Maar jy kan gerus nou ontspan: Omdat jy in Christus as die Here en Redder van jou lewe glo, tel jy onder die gelukkiges wie se naam baie goed […]
Hoor die goeie boodskap

Lees Openbaring 14:6. Hy het ’n goeie boodskap gehad wat vir ewig van krag bly (v 6). Kom ons kyk na Openbaring 14:1-13 se belangrikste bakens. Vers 1 praat van Sionsberg: Dit dien in die Ou Testament as simbool van bewaring en heil (Ps 121-127; Joël 3:5). Ook hoor ons hier van 144 000 mense: […]
Alles is nuut

Lees Openbaring 21:1. Toe het ek ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien (v 1). Die scenario van God en sy nuwe wêreld word hier in Openbaring 21:1-22:5 op ’n aangrypende manier geskets. Vers 1-2 vertel vir ons in hoofopskrifte dat dit ’n splinternuwe skepping is, terwyl vers 3-5 jubel en juig oor God […]
Veilig en heilig

Lees Openbaring 22:3. Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie (v 3). Die goeie nuus van Openbaring 21:1-22:5 is dat ons nuwe woning ná die wederkoms ’n stad van permanente “NIE MEER NIE” gaan wees. Daar gaan nie meer siekte, pyn en dood wees nie. Daar in God se nuwe hoofstad […]
God gee lig, vir altyd

Lees Openbaring 21:22. ’n Tempel het ek nie in die stad gesien nie (v 22). In vers 10 gaan kyk Johannes na God se nuwe stad vanaf ’n hoë uitkykpunt. Hy sien dan hoe hierdie stad gegrondves is op die twaalf apostels en die twaalf stamme van Israel. (Terloops, let op die simboliek van die […]
Die Rede vir die fees

Lees Matteus 1:23. “En hulle sal Hom Immanuel noem” (v 23). Kersfees is sinoniem met pakkies, Kersbome, Kersmusiek, familie en vriende. Op Kersdag reik mense na mekaar toe uit en wil vriende en familie graag bymekaar wees. Alles word afgeskaal sodat ons weer ’n slag tot verhaal kan kom – hopelik tot die regte verhaal. […]
Sien, hoor en ervaar

Lees Openbaring 16:15. “Kyk, Ek kom onverwags soos ’n dief ” (v 15). Mense het uiteenlopende denkpatrone. Party dink visueel. Daarom “sien” hulle wat ander sê. Ander dink deur middel van klank. Hulle “hoor” wat gesê word. Nog ander dink gevoelsmatig. Hulle is “in voeling” met wat jy sê. Alhoewel ons al hierdie fasette – […]
Daar is bloed aan ons deurkosyne

Lees Openbaring 15:1. En ek het iets soos ’n spieëlgladde see met vuur daarin gesien (v 2). Die laaste plae van die engele in Openbaring 15 eggo die taal van die tien plae in Egipte. Dit praat in beeldryke taal van God se oordeel oor die goddeloses wat sy kinders so pynig en laat ly. […]
Hoor wie staan

Lees Openbaring 7:9. Hierna het ek ’n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie (v 9). Openbaring 7 vertel van die eindoordeel, maar hierdie keer van mense wat bly staan voor God (v 9). Ja, daar is wel mense wat op die laaste dag die regte antwoord ken wat hulle staande hou in die […]