Boodskap vir Vandag

Search

Kom in pas met God se voetval

“Ek sal vir jou iets wys. Dit sal kom op die regte tyd. Dit sal gebeur, dit is seker. As dit nie gou gebeur nie, dan moet jy wag, want dit sál gebeur” – Habakuk 2:3 (Bybel vir almal). God se tyd is nie ons tyd nie. Sy weë is nie ons weë nie. Indien […]

Lank en kort

Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag – 2 Petrus 3:8 (1933/1953-vertaling). Ons God is tydloos en ewig. Hy is die God van die verlede en die hede en die toekoms. In ons aardse verbondenheid is […]

Hy alleen – in álles

Ja, net die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstandigheid. Want wysheid sal in jou hart inkom, en kennis sal vir jou aangenaam wees. Goeie oordeel sal oor jou wag hou, verstandigheid sal jou bewaak – Spreuke 2:6, 10-11 (2020-vertaling). Ons is deel van ’n samelewing wat alles bevraagteken. Niks of niemand […]

Polsend

Vir die Jode is dit ’n aanstoot en vir die ander is dit onsin, maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God – 1 Korintiërs 1:23b-24. Indien ons nie in ons soeke na wysheid by Christus uitkom nie, is ons […]

Smelt die silwer

Silwer word in ’n smeltkroes gelouter en goud in ’n oond, maar dit is die Here wat die gesindheid toets – Spreuke 17:3. Ons verkry dikwels wysheid deur swaarkry. Die swaarkry het verskillende gesigte. Die verleentheid wanneer ’n vriend jou teregwys. Skulderkenning wanneer jy fouteer het. Lyding. Om wysheid te bekom is nooit ’n vinnige […]

Helder oggendlig

Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is – Spreuke 4:18. Die Spreukedigter gebruik metafore en helder beelde om sy wysheidslering tuis te bring. Een van die mooiste vergelykings vind ons in die teksgedeelte hierbo waar Salomo die pad van die regverdiges met die […]

Blink gesig

Toe hy [Moses] van Sinaiberg af gaan met die twee plat klippe in sy hand, die klippe waarop die getuienis was, was hy nie daarvan bewus dat sy gesig blink geword het terwyl die Here met hom gepraat het nie – Eksodus 34:29. Toe Moses met die Here op die berg Sinai gepraat het, was […]

Mentors

Net so moet jy ook vir die ouer vroue sê hulle gedrag moet dié wees van mense wat ’n heilige lewe lei … Hulle moet goeie raad kan gee, sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees – Titus 2:3-4. In die epiese Griekse gedig “The Odyssey” […]

Saamstappers

Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie. Die Here het Samuel toe ’n derde keer geroep, en hy het opgestaan en na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe besef Eli dat […]

Luister, my vriend

Die regverdige laat sy pad vir hom wys deur ’n vriend; die goddeloses verdwaal op die pad wat hulle self kies – Spreuke 12:26. Wanneer ’n vriend jou oor ’n verkeerde optrede vermaan, is dit pynlik, want dit raak jou ego. Jy voel skaam en verneder. Mettertyd – wanneer jy objektief na sy berisping kyk […]

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.