Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Op pad na God sê nuwe wêreld

Lees 1 Korintiërs 15:53. Hierdie verganklike liggaam moet met die onverganklike beklee word (v  53). Onthou jy nog die eerste Russiese ruimtevaarder Joeri Gagarin? Hy het gesê hy het toe nie God se woonplek daar in die ruimte raakgeloop nie. Die Bybel wil nie ons nuuskierigheid oor die lokaliteit van God se wêreld bevredig nie. […]

Leef konsekwent op God se pad

Lees 1 Konings 9:1-9. “Ek heilig hierdie tempel wat jy gebou het sodat my Naam altyd daar sal wees” (v 3). Uiteindelik is Salomo se tempel en paleis kant en klaar gebou. Hierna het die Here nog ’n slag aan Salomo verskyn en beloof dat Hy sy gebede verhoor het. Tog het die Here ook […]

God se mense praat anders

Lees Spreuke 10:11-20. Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk (v 11). Mense wat wysheid het, dink altyd voor hulle praat of doen. Hulle is God se soort mense wat altyd eers dink wat die implikasies van hulle woorde en dade vir hulleself en vir ander sal wees. As hulle besef hulle gaan God […]

In God se nuwe wingerd dra mense goeie vrugte

Lees Jesaja 27:2-4. Daardie dag moet julle sing van die goeie wingerd (v  2). God se wingerd, waarvan ons in Jesaja 5 gelees het, het Hom vroeër sleg in die steek gelaat. Al die vrugte aan daardie druiwestokke was suur en oneetbaar. Daarom dat Hy besluit het om dit te vernietig. Maar daar is goeie […]

Bergop, na God toe!

Lees Eksodus 24:12-18. “Klim nou die berg verder uit na My toe” ( v 12). Op ’n dag het God weer vir Moses geroep om bergop na Hom toe te kom. Want God het besluit om ’n persoonlike afskrif van al sy voorskrifte vir Moses te gee. Hy moes dit self in ontvangs kom neem. Sjoe, […]

Wandel met God

Lees Genesis 5:24. Henog het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem (v 24). Om met God te wandel – is dit ook jou begeerte? Smag jy na ’n dieper en meer opregte verhouding met die Here? Wil jy nog meer bewus wees van […]

God se mense leef relevant

Lees 2 Samuel 9:1-13. “Ek het besluit om jou onder my sorg te neem ter wille van Jonatan jou pa” (v  7). Vandag se mense leef en dink anders. Navorsers sê dat die sogenaamde “X- en Y-generasies” wat sedert 1970 gebore is, nie meer vorige geslagte se idees en drome deel nie. Om nie eens […]

God se tien rigtingwysers

Lees Eksodus 20:1-17. “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het” ( v 2). Die Tien Gebooie van God is die hart van alles wat Hy van ons vra. Dit is die rigtingwysers op die pad terug na God toe. Nee, dit is nie die manier hoe […]

Luister as God praat

Lees 1 Samuel 3:1-18. “Praat, Here, u dienaar luister!” ( v 10). Samuel beteken “van God afgesmeek”. Klein Samuel het grootgeword in die tempel van die Here. Tog het Samuel nog glad nie die Here geken nie, want Hy het Hom nog nie aan hierdie jong seun geopenbaar nie. Tot een nag, toe die Here skielik […]

God se huis is groot genoeg

Lees Johannes 14:1-4. “In die huis van my Vader is daar baie woonplek” ( v 2). Dis sleg om alleen te wees. Vra maar vir die dissipels. Terwyl hulle vir oulaas rondom Jesus sit hier kort voor sy kruisiging en na sy leringe luister, hoor hulle slegte nuus: Jesus gaan weg! Maar hierdie slegte nuus duur […]

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.